Tel: +27 44 693 2300 info@ansiesteyninteriors.co.za

Die ATKV het die afgelope dekade ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Dit het ‘n byderwedse organisasie geword wat onbeskaamd Arikaans en sy kultuurskatte bevorder en omarm maar terselfdertyd die kommersiële uitdagings van ons tyd tromp-op en met kundigheid konfronteer.

Hartenbos is onteenseglik een van die juwele in die ATKV se kroon.

Stadig maar seker en met besondere visie is die Hartenbos se strandfront in ‘n proses van vernuwing en herontwikkeling om aan die eise van ‘n nuwe generasie Afrikaners te voldoen.

Volg gerus die geleidelike vernuwing van die Walvis en Dolfynsale. En deel in die skep van ‘n nuwe en opwindende projek NA DONKER….waar oud en jonk, van vroeg tot laat, lekker sal kan eet en kuier. In ‘n moderne, unieke, elegante, veelsydige bymekaarkomplek, gegeur met die musiek van ons tyd.

Waar almal tuis sal voel….

En ek is so trots om deel te wees van hierdie ambisieuse projek.