“ Dit was met dankbaarheid en besondere erkenning aan Jantjie Jonker, Jurgens Bosman, Maans van Niekerk, die Schoeman boeties, Jakkalsvlei en die wonderlike personeel van die indrukwekkende Jackal on the Beach dat die Mosselbaai Pavilion vanaf gister ‘n buiging in sy nuwe baadjie maak op Santosstrand.

Besoek gerus hierdie nuwe restaurant en kuierplek.

As dit afhang van wat ons gistraand ervaar het gaan Jackal on the Beach vinnig sy stem dik maak in Mosselbaai. Die kos is heerlik, die Jakkalsvlei wyne hou aan om te beindruk en daar is nog talle ander verrassings ook”